Quantcast
Channel: Maroela Media
Viewing all 80349 articles
Browse latest View live

‘Dis ek, Anna’: Ouderdomsperk aangepas

$
0
0

dis ek anna 2Times Media Films was suksesvol in sy appèl teen die Rolprent- en Publikasieraad (RPR) se klassifikasie van die Afrikaanse fliek, Dis ek, Anna.

Die RPR het op 4 September ʼn ouderdomsbeperking van 18 aangekondig met ʼn waarskuwing teen taalgebruik, geweld en seksuele geweld. Die ouderdomsbeperking is nou aangepas na 16 met ʼn waarskuwing dat die inhoud van die fliek sensitiewe kykers kan ontstel.

Driki van Zyl, algemene bestuurder van Times Media, het gesê die uitspraak word verwelkom, aangesien die fliek die kwessie van seksuele mishandeling in Suid-Afrika, en die impak daarvan op kinders, aanroer.

Die fliek is gegrond op Anchien Troskie (Elbie Lötter) se boeke, Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer, wat handel oor die seksuele molestering waaraan sy as kind deur haar stiefpa blootgestel is.

Tertius Kapp het die draaiboek hanteer en die fliek is vervaardig deur Niel van Deventer met regie deur Sara Blecher. Die akteurs is Charlene Brouwer in die hoofrol, met onder andere Marius Weyers, Elize Cawood, Dawid Minnaar, Hykie Berg, Fezile Mpela en Eduan van Jaarsveld.

“Ons verwelkom die nuwe klassifikasie,” het Van Deventer gesê. “Ons het die fliek gemaak met die hoop dat dit ʼn verandering sal maak aan die lewens van jong slagoffers van seksuele mishandeling en hoop sal bied aan diegene wat hulpeloos of stemloos voel.”

Dis ek, Anna begin op 23 Oktober landswyd in rolprentteaters draai.


[Video] Lekkerste wetenskap-eksperimente met vloeistof

$
0
0
Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die oulike wetenskapeksperimente in dié video is jou antwoord op jou kind se stelling: “Ma, ek’s verveeld!”

Ons stel voor dat die eksperimente met (verantwoordelike) volwasse toesig aangepak word.

Die eksperimente strek van ʼn bal wat stadig beweeg danksy ʼn dik stroperige vloeistof, tot hoe om ʼn vuur te maak met water. In nog ʼn eksperiment druk jy potlode in ʼn plastieksakkie sonder dat enige water uitlek en leer meer oor digtheid wanneer jy verskillende vloeistowwe op mekaar “stapel”.

Laat ʼn bottel “verdwyn” deur van gliserien en water gebruik te maak en kyk hoe vloeistof op ʼn luidspreker kan dans. Wees versigtig met die agtste eksperiment, die Leidenfrost-effek, jou panne kan dalk vlek. In die negende eksperiment kan jy woorde “agterstevoorom” lees en speel met gekleurde vloeistowwe in die laaste eksperiment.

Bekende omroeper Evert Snyman oorlede

$
0
0
Evert Snyman Foto: RSG

Evert Snyman Foto: RSG

Die bekende Afrikaanse omroeper, skrywer en akteur Evert Snyman is Vrydag in die ouderdom van 60 oorlede.

“Oom Evert” sal veral onthou word vir Storietyd, ʼn kinderprogram wat saans net na 19:00 op RSG uitgesaai is.

Hy het ook talle dramas saam met sy vrou, Mari, geskryf.

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, het in ʼn verklaring gesê: “Hy was ons baie goedgesind.” In 2009 het die ATKV Snyman vereer vir sy volgehoue bevordering van Afrikaans, wat in daardie stadium reeds 33 jaar geduur het.

Benewens sy liefde vir stories, die radio en Afrikaans, was Evert ook ’n kranige motorfietsentoesias en het hieroor ook ’n radiorubriek behartig. “Die man het die lewe geleef,” het Amanda Olivier, ’n toenmalige kollega van Snyman, in ’n onderhoud op Pasella gesê: “Dit word in sy dramas weerspieël.”

Snyman is in 2006 met ’n skaars niersiekte gediagnoseer en moes gereeld dialise ondergaan. In ’n onderhoud met Beeld het hy gesê groot dele van Stoffel [die seekoei] se avonture is geskryf terwyl hy vasgekluister was aan die dialisemasjien.

Hy is nie net deur die ATKV vereer nie. In 1994 het hy die gesogte Artes-toekenning gekry as Beste Uitsaaier: Radiodienste wat in Engels en Afrikaans uitsaai.

Evert Snyman het in 1976 by die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK), as akteur begin werk. Hy was ’n gereelde akteur in verskillende radiodramas en reekse vir die destydse Afrikaanse Radiodiens en Springbokradio.

In 1982 sluit hy hom aan by die Afrikaanse Radiodiens as omroeper en regisseur.

Twee jaar later het gaan werk hy by Mimosafilms.

In 1984 het hy die vryskutmark betree, maar het in 1987 weer voltyds aangesluit by die SAUK se Afrikaanse Radiodiens as senior omroeper/regisseur.

Snyman het van homself gesê dat hy vinnig kon kwaad word en onder die jong akteurs het hy die bynaam “Helsbesem” gehad, tog het verskeie van hierdie akteurs hulle lof uitgespreek vir die manier waarop hy hulle loopbane bevorder het.

Evert en Mari het twee kinders gehad.

Pasella het in 2013 die volgende insetsel oor Evert Snyman uitgesaai:

Tony Yengeni binnekort weer in hof oor dronkbestuur

$
0
0
Tony Yengeni Foto: Ayi Leshabane

Tony Yengeni Foto: Ayi Leshabane

Die ANC-veteraan Tony Yengeni moet in November weer in die hof verskyn nadat sy poging om ʼn pleitooreenkoms met die staat aan te gaan, misluk het.

Yengeni het Vrydag vlugtig in die Kaapstadse landdroshof verskyn waar dit bekend gemaak is dat die nasionale direkteur van openbare vervolging sy aansoek vir ʼn pleitooreenkoms van die hand gewys het.

“Ons wou die saak oplos deur middel van onderhandelinge,” het Yengeni se prokureur, Sylvester Vogel, gesê. “Ons is teleurgesteld. Ek het regtig gedink daar is meriete in ons aansoek.”

Die saak is tot 27 November uitgestel.

Yengeni is in 2013 in hegtenis geneem nadat wetstoepassers glo in Kaapstad se middestad opgemerk het hy ry onreëlmatig met sy luukse sportmotor.

Yengeni, ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, is ook in 2007 in hegtenis geneem vir dronkbestuur, maar is onskuldig bevind nadat dit aan lig gekom het dat daar met die bloedmonsters gepeuter is.

Drie in hof oor polisieman se dood

$
0
0
Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Drie mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle twee polisiebeamptes ontvoer en hulle geskiet het toe hulle ʼn beskermingsbevel wou uitvoer, het Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof in Durban, KwaZulu-Natal verskyn.

“Sabelo Mkhize, Sibuniso Kwibisa en Lindokuhle Mchunu moet weer op 2 Oktober in die hof verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog,” het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê. Hulle bly in aanhouding by die Greenwood Park-polisiestasie tot dan.

Die mans staan elkeen tereg op twee aanklagte van ontvoering, twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede, een aanklag van moord, een aanklag van poging tot moord, een klag van die onwettige besit van ammunisie en een van die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

Maroela Media het vroeër berig die twee polisiebeamptes is Dinsdag na Namibia- informele nedersetting om ʼn beskermingsbevel uit te voer toe hulle oorval is, hul wapens afgeneem is, hulle gestroop is van hul polisie-uniforms en agterin ʼn vangwa gedruk is. Hulle is ongeveer vyf kilometer daarvandaan in die Ngcungcwini-gebied afgelaai waar die verdagtes hulle glo geskiet het. Sersant Vusimuzi Moyana is op die toneel dood en sers. Jabu Jojisa is kritiek beseer. Sy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Die drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle hulself Woensdagoggend aan die polisie in Marianhill oorgegee het.

Zuma blameer Europa vir vlugtelingkrisis

$
0
0
President Jacob Zuma tydens die G77 plus China-viering in New York (25 September 2015) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma tydens die G77 plus China-viering in New York (25 September 2015) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma het sy bewering herhaal dat ʼn Navo-geleide bomontploffing in Libië in 2011, gelei het tot die huidige vlugtelingkrisis in Europa.

Zuma het Vrydagaand tydens ʼn funksie by die Verenigde Nasies se hoofkantoor in New York, om Suid-Afrika se leierskap van die G77 plus China-groep van ontwikkelende nasies te vier, gesê alle nasies moet saamwerk oor sekere kwessies. “Net gister nog kon ons nie saamstem wanneer Afrikane ʼn padkaart tot vrede in Libië sal hê nie,” het hy gesê.

Hy verduidelik ʼn bomontploffing op die Libiese leier Moeammer Gaddafi se magte, ná ʼn stem in die veiligheidsraad van die VN (en ondersteun deur Suid-Afrika), om militêre ingryping wat burgers sal beskerm goedgekeur is, het onsekerheid in daardie deel van die wêreld veroorsaak “en dit is waarom die vlugtelinge die grense oorsteek”. Hy het gesê die vlugtelingekrisis is ʼn “mensgemaakte probleem”. Hy het gesê die G77 plus China moet nader beweeg om oor ʼn paar kwessies saam te stem.

Verskeie staatshoofde, waaronder die Duitse kanselier Angela Merkel (wat teen die resolusie vir militêre ingryping in Libië gestem het), Tanzaniese president Jikaya Kikwete, Lesotho se eerste minister Pakalitha Misisili, Mosambiek se president Filipe Nyusi, Ekwatoriaal-Guinee se president Obiang Nguema, Liberië se president Ellen Johnson-Sirleaf, en ministers en ambassadeurs van verskeie lande, insluitend die Afrika-unie, het die funksie bygewoon.

Zuma sal na verwagting Saterdag met Ban Ki-Moon, algemene sekretaris van die Verenigde Nasies, vergader en ʼn vergadering van die AU se vrede- en veiligheidsraad bywoon.

President Jacob Zuma en Michelle Bachelet, president van Chili, by die VN-hoofkantoor in New York (25 September 2015) Foto: Elmond Jiyane, GCIS President Jacob Zuma en Gaston Browne, eerste minister van Antigua, by die VN-hoofkantoor in New York (25 September 2015) Foto: Elmond Jiyane, GCIS President Jacob Zuma en Sirleaf Johnson, president van Liberië, by die VN-hoofkantoor in New York (25 September 2015) Foto: Elmond Jiyane, GCIS President Jacob Zuma en Duitse kanselier Angela Merkel by die VN-hoofkantoor in New York (25 September 2015) Foto: Elmond Jiyane, GCIS President Jacob Zuma tydens die G77 plus China-viering in New York (25 September 2015) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Lekkernymasjiene vir apies by Berlyn-dieretuin

$
0
0
Gorilla by een van die lekkernymasjiene

Gorilla by een van die lekkernymasjiene (Foto: Berlynse dieretuin)

Vyf outomasjiene is in hokke by die dieretuin in Berlyn geïnstalleer vir hongerige apies wat op soek is na iets te ete.

Die masjien bied ʼn spesiale uitdaging aan gorillas en ander ape en hulle moet geduld, eerder as geld, gebruik om die kos uit die masjien te kry, het Andre Schuele, veearts by die dieretuin, gesê. “Hulle gebruik stokkies om die korrels stukkie vir stukkie tot by die uitgang te ‘vervoer’,” het hy verduidelik.

Dieretuinbewaarders besluit deur middel van ʼn interval-tydhouer wanneer die lekkernye beskikbaar gestel word. “Met behulp van ʼn afstandbeheer kan ons die diere die hele dag lank besig hou,” het Schuele bygevoeg.

Die kos wat die diere deur die lekkernymasjien ontvang, word van hul daaglikse rantsoen afgetrek, so daar is dus nie ʼn risiko dat die diere gewig sal optel nie.

Gedagte vir die dag: God se mense word verhoog

$
0
0
gesprekke-met-God

Foto: Argief.

Dié wat deur God verhoog word, hoef nie daarvoor te veg nie en hulle hoef nie te baklei om dit te behou nie. God gee dit en Hy kan dit wegneem as Hy wil. Hierdie mense stem met alles saam wat God doen en geniet groot vrede in hulle lewe as gevolg daarvan. Ons grootste wins is God en Hy sal ons op die regte tyd verhoog. Mense wat met God saamstem, is vry mense, heel mense, lewegewende mense – God se mense.

Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom. Wanneer die tyd daar is, sal Hy julle ’n ereplek by Hom gee. (1 Petrus 5:6, Die Boodskap)

Buig baie laag voor die Here. Sê dat jy jou hele lewe net vir Hom wil leef. God sal jou optel, daar waar jy in oorgawe voor Hom buig, en jou op ’n ereplek regop, kop omhoog, langs Hom laat staan. (Jakobus 4:10, Die Boodskap)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy


SA-vlag wapper hoog in Birmingham

$
0
0
Springbokke teen Samoa tydens die 2015 Wêreldbekerrugby in Birmingham, Verenigde Koninkryk Foto: @Springboks, Twitter

Springbokke teen Samoa tydens die 2015 Wêreldbekerrugby in Birmingham, Verenigde Koninkryk Foto: @Springboks, Twitter

Handelsmerk Suid-Afrika (Brand South Africa) het Saterdag ook die Springbokke gelukgewens met hul “uitstekende sportmanskap op die veld” in Birmingham in die Verenigde Koninkryk, nadat hulle Samoa tydens hul tweede wedstryd van die 2015 Wêreldrugbybeker geklop het.

“Dit was ʼn groot inspirasie om te sien hoe ons nasionale span met wilskrag, waagmoed en trots speel,” het Kingsley Makhubela, uitvoerende hoof van die organisasie, uit Suid-Afrika gesê. “Die eindtelling getuig van hul passie en vaardigheid.”

Makhubela het gesê die Suid-Afrikaanse vlag wapper hoog en die nasie is trots op die span se vernuf op die veld. “Die prestasie van ons nasionale sportspanne op ʼn plaaslike en internasionale vlak, bevorder ons nasionale trots en patriotisme. Dit dra by tot die land se reputasie en mededingendheid in sport. Ons sien uit na die volgende wedstryd en verseker julle [die Springbokke] van die ondersteuning van alle Suid-Afrikaners.”

Die Springbokke het Samoa 46-6 geklop. Lees ‘n volledige verslag oor die wedstryd.

Vrou oorleef kaping, skietery in Durban

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn 67-jarige vrou het ternouernood ontkom nadat sy Saterdagaand in Durban gekaap en geskiet is.

“Sy is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” het Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, in ʼn verklaring gesê.

Die vrou is in Sea Cow Lake gekaap. Daar is nog nie dadelik verdere besonderhede beskikbaar nie.

Die polisie stel ondersoek in.

Cope stem vir Die Stem

$
0
0
Mosiuoa Lekota (Foto: Sowetan)

Mosiuoa Lekota (Foto: Sowetan)

Die Congress of the People-party (Cope) het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se versoek, om Die Stem uit die nasionale volkslied te verwyder, verwerp.

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, het Saterdag gesê Suid-Afrika se erfenis is uniek. “Dit spruit uit ons prestasie om van ʼn verdrukkende politieke orde oor te skuif na ʼn volwaardige demokrasie. Ons erfenis en die nalatenskap van Nelson Mandela bly dus onlosmaaklik verbind.”

Lekota het gesê diegene wat onder koloniale en apartheidsverdrukking gestaan het, en ʼn groot prys betaal het vir hul teenstand teen vorige regerings, het besluit om die morele hoë grond te kies. “Ons vryheidshelde het hande gevat met hul opponente en vorentoe beweeg. Dit is die rigting wat ons moet volg,” het hy bygevoeg.

Hy het gesê as Cope bly hulle getrou tot Nelson Mandela se belofte: ‘Nooit, nooit en nooit weer sal enigiemand in hierdie mooi land ooit weer onderdruk word deur iemand anders nie.’ “Ons verlede met al sy vlekke is nou geskiedenis. Ons moet uit daardie geskiedenis leer en seker te maak ons herhaal nie die foute en mislukkings nie. Ons kan nie ons geskiedenis uitvee nie en ons kan nie in die verlede vashaak nie.”

Lekota het gesê die land se erfenis is gegrond op bespreking en onderhandelinge, “en dit is wat ons moet vier en bewaar”. “Ons het gedoen wat geen ander nasie nog ooit vantevore reggekry het nie. Ons het ʼn pad uit ʼn diep politieke moeras gevind deur begeesterde en konstruktiewe onderhandelings. As ʼn nasie van trotse onderhandelaars moet ons nooit die mag van intersessie en eerlike skakeling oorgee nie.

“Wat die EFF voorstel, sal die situasie laat ontvlam en dinge baie erger maak vir diegene wat die ergste geraak word in ons samelewing,” het Lekota gesê.

Amanzimtoti-tiener word al ʼn week lank vermis

$
0
0
Jonathan van der Berg

Jonathan van der Berg

ʼn Gesin in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, is rasend van bekommernis nadat hul 18-jarige seun Jonathan van der Berg op 19 September verdwyn het.

Volgens sy ma, Sally Schulze, is hy verlede Sondag in Empangeni opgemerk. “Ons het nog nie weer enigiets van hom gehoor nie,” het sy gesê.

Jonathan het ʼn denim, grys baadjie en ʼn mus aangehad toe hy laas gesien is.

Hy het die aand omstreeks 19:00 uit sy huis in Old Mainweg, Amanzimtoti, verdwyn.

Hy is 1.8 meter lank, en slank gebou. Hy het donkerbruin hare en grys oë. Hy het ʼn klein litteken onder sy linkeroog.

Enigiemand wat weer waar Jonathan homself bevind word versoek om met die Amanzimtoti-polisie in verbinding te tree. Skakel konstabel Msomi by 031 913 1338 of 060 766 2593.
jonathan van der berg

Boek: Poort van die heuningbye

$
0
0

Poort-van-die-Heuningbye.jpgAnita Hamman

Die rebellie is in volle swang. Nadat Tilda se vader en broer rebelle word, word haar familie in ’n konsentrasiekamp en sy moet die plaas alleen bestuur. ’n Verdwaalde Skot beland op hul grond…

Uitgewer: Publishing World SA
Prys: R99.00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop die boek hier: www.booksdirectsa.com

Toeriste in Struisbaai gered

$
0
0
Langezandt in Struisbaai (Argieffoto: http://www.southafrica.to/)

Langezandt in Struisbaai (Argieffoto: http://www.southafrica.to/)

ʼn Kamma-reddingspoging van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Saterdagmiddag in die werklikheid verander toe twee toeriste van Nederland by Struisbaai in die Wes-Kaap in die moeilikheid beland het.

“Die span was besig met roetine-opleiding toe hulle twee dubbel-seekajakke in die see opgemerk het,” het Reinard Geldenhuys, stasiebevelvoerder van NSRI Agulhas, in ʼn verklaring gesê. “Die span het ʼn kamma-reddingspoging uitgevoer en, sonder dat die roeiers daarvan bewus was, in hulle rigting beweeg. Net voor hulle by die twee kajakke uitgekom het, het hulle die ‘reddingspoging’ laat vaar.”

Daar was twee mans op een van die kajakke en ʼn man en ʼn vrou op die tweede kajak.

Volgens Geldenhuys was die seetoestande ʼn twee meter kalm see. “Die bemanning is omstreeks 15:50 ontbied na berigte dat ʼn seekajak ongeveer twee seemyl van Struisbaai omgeslaan het,” het hy bygevoeg. “Ons seereddingsvaartuig I&J Rescuer IV het reageer en, tot ons verbasing, was dit dieselfde roeiers wat onbewus vroeër deel was van ons oefening.”

Die man en die vrou kon hulle kajak weer regop omkeer in die water, maar hulle was albei in die water en het aan die kajak vasgeklou.

“Ons seereddingsvaartuig Spirit of Winelands het ook reageer en terwyl die man en vrou op I&J Rescuer gered is en hul kajak uit die water gehaal is, is die twee mans op die tweede kajak met die Spirit of Winelands veilig na die kus gebring.”

Die egpaar het nie verdere behandeling benodig nie.

“Hulle is almal van Nederland met vakansie in Suid-Afrika,” het Geldenhuys bygevoeg.

PetroSA-werknemer val na sy dood

$
0
0
PetroSA

PetroSA

ʼn Werknemer van PetroSA het Saterdag 10 meter ver in Mosselbaai na sy dood geval.

“Die 45-jarige man is dood nadat hy 10 meter ver by die gas-na-vloeistof-raffinadery geval het,” het Mapula Modipa, uitvoerende hoof van PetroSA, Sondag in ʼn verklaring gesê. Die man het tydens ʼn beplande instandhoudingsoperasie geval.

“Die werknemer se naasbestaandes is in kennis gestel van die tragiese voorval. PetroSA bied ondersteuning en berading aan die familie en die man se kollegas.”

PetroSA en die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek die voorval. “Alle ander betrokke owerhede, insluitend die departement van arbeid en die inspekteur van myne, is in kennis gestel. Die ondersoek begin Maandag.”

Modipa het gesê hulle is baie hartseer en hul werknemers is getraumatiseer oor die tragiese verlies van ʼn kollega. “Ons sal ons volle samewerking gee tydens die ondersoek. By PetroSA is veiligheid van die hoogste belang en ons wil graag so vinnig as moontlik bepaal hoe die voorval gebeur het, om seker te maak dat so iets nie weer in die toekoms plaasvind nie.”


[Foto’s en video] Gat in seiljag wat walvis tref

$
0
0
Lewensreddingsbaadjies en ander toerusting is gebruik om die gat toe te stop Foto: NSRI

Lewensreddingsbaadjies en ander toerusting is gebruik om die gat toe te stop Foto: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Simonstad moes Saterdag bontstaan nadat ʼn seiljag ʼn walvis getref het en besig was om te sink.

“Die span is omstreeks 12:15 ontbied na berigte dat ʼn 35 voet seiljag, Slegte gewoonte (Bad Habit), besig is om te sink,” het Darren Zimmerman, NSRI Stasie 10-stasiebevelvoerder, in ʼn verklaring gesê. Die seiljag, wat aan die jaarlikse Lenteregatta deelgeneem het, was ongeveer een seemyl van Vishoek.

“Die seiljag het die walvis per ongeluk getref terwyl hulle teen ongever 13 knopie (24 km/h) gevaar het en die roer het uitgeskeur. Water het dadelik in die seiljag begin invloei in ʼn gat van ongeveer ʼn halfmeter breed.”

Die seiljagbemanning het vinnig reageer en lewensreddingsbaadjies, seile, sitplekkussings en ander los voorwerpe op die seiljag gebruik om die gat te probeer toestop. “Die bemanning het ook met emmers van die water uitgeskep.”

Terwyl die NSRI die seiljag begin sleep het, het die bemanning aan boord gebly om steeds die gat te probeer toestop en water met emmers uit te skep.

Dit was moeilik om die seiljag te sleep, aangesien die roer nie gebruik kon word om dit te stuur nie.

“Die NSRI het gereël dat die kusbemanning ekstra waterpompe bring om die water uit die seiljag te kry,” het Zimmerman verduidelik. ʼn 44 gallon-drom, gevul met water, is op die voorste punt van die seiljag geplaas om die agterkant van die seiljag uit die water te lig. Valsbaai se seiljagklub het hul hyskraan gebruik om die seiljag uit die water te tel.

“Drie van die seiljagbemanning het beserings opgedoen. ʼn Vrou is vir verkluiming en verdrinkingsimptome behandel,” het Zimmerman gesê. “Nog ʼn vrou het sagteweefselbeserings aan haar knieë opgedoen en sy is in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem. ʼn Man het ʼn geringe besering aan sy lip opgedoen.” Die res van die bemanning, vier mans, het nie beserings opgedoen nie.

“Die seiljagbemanning word geëer vir hul goeie seemanskap om te verhoed dat die seiljag sink.

Lewensreddingsbaadjies en ander toerusting is gebruik om die gat toe te stop Foto: NSRI Die gat in die seiljag Foto: NSRI Lewensreddingsbaadjies en ander toerusting is gebruik om die gat toe te stop Foto: NSRI

Sirkusleeus op pad ‘huis toe’

$
0
0
Jora en Black, die twee voormalige sirkusleeus Foto: Born Free-stigting

Jora en Black, die twee voormalige sirkusleeus Foto: Born Free-stigting

Twee voormalige sirkusleeus, wat uit haglike toestande in Bulgarye gered is, is besig met ʼn 17 000 km reis om in die Shamwari-natuurreservaat in Suid-Afrika gehuisves te word.

Die twee sewejarige boeties, Jora en Black, is in Julie uit die hoofstad Sofia gered deur die internasionale diere-liefdadigheidsorganisasies, die Born Free-stigting en Four Paws.

Jora en Black was oorspronklik deel van ʼn sirkus wat deur Oos-Europa en Turkye gereis het. Nadat die Bulgaarse regering ʼn verbod geplaas het op die gebruik van wilde diere in sirkusse, bly die twee leeus al sedert 2014 in ʼn benoude hok. Die eienaars het ingestem dat Born Free hulle mag oorneem.

Die twee leeus se toestand het internasionaal opspraak verwek en die sepiester Helen Worth het ook haar ondersteuning aan die leeus gebied. “Dit is wonderlik om te sien dat hierdie twee diere, wat al van welpies af in ʼn sirkushok toegesluit is, uiteindelik na die wonderlike Shamwari-natuurreservaat geskuif word,” het die Coronation Street-aktrise gesê.

Die leeus word deur Thomson Airways van Bourgas-lughawe na Gatwick in Londen gevlieg waar die medestigter van Born Free, Virginia McKenna, by hulle aansluit. McKenna het die hoofrol gespeel in die fliek, Born Free.

Jora en Black sal dan in ʼn kwarantynvoertuig na Heathrow vervoer word en dan die laaste en langste been van die reis, van Heathrow na Johannesburg, onderneem. Die twee leeus sal dan deur ʼn konvooi Land Rover Discovery-voertuie na hul nuwe tuiste by die Born Free Jean Byrd opleiding- en reddingsentrum by die bekroonde Shamwari, net buite Port Elizabeth, vervoer word.

Jora en Black, die twee voormalige sirkusleeus Foto: Born Free-stigting Jora en Black, die twee voormalige sirkusleeus is in dié sleepwa gehuisves Foto: Born Free-stigting Jora en Black, die twee voormalige sirkusleeus Foto: Born Free-stigting Jora en Black, die twee voormalige sirkusleeus Foto: Born Free-stigting

[Video] Seldsame supermaan-maansverduistering

$
0
0
Foto: sightedmoon.com

Foto: sightedmoon.com

Suid-Afrikaners kan hulleself gereed maak vir ʼn seldsame verskynsel: ʼn supermaan-maansverduistering.

Suid-Afrika is een van ʼn paar lande wat dié verskynsel op sy beste sal kan sien, maar jy gaan jou wekker moet stel: die maansverduistering sal Maandagoggend (28 September) reeds omstreeks 02:11 begin en behoort tussen 04:14 en 04:47 ʼn totale maansverduistering te wees.

Wat die geleentheid so besonders maak, is dat die maan dan op sy naaste aan die aarde sal wees, en ongeveer 5% groter sal vertoon as normaalweg. Omdat dit so naby aan die horison sal wees, sal dit ook weens die optiese illusie groter vertoon. Na verwagting sal die maan tydens die verduistering besonder rooi wees.

Die kombinasie van ʼn supermaan en ʼn maansverduistering gebeur nie baie gereeld nie. Sedert 1900 was daar nog net vyf supermaan-maansverduisterings. Die laaste een was in 1982 en as jy Maandagoggend sʼn mis, is jou volgende geleentheid eers weer in 2033.

Die maansverduistering sal van die Amerikas, Europa en Afrika te sien wees.

Volgens die Noorweegse meteorologiese instituut sal Johannesburg, Durban, die Laeveld en Kaapstad skoon, helder lug hê.

Stuur gerus jou foto’s van die sogenaamde “bloedmaan” aan maroela@maroelamedia.co.za.

Nasa verduidelik hier hoe werk ʼn supermaan-maansverduistering.

WAT Woord van die week: kontrotter

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Woord:
kontrotter, kontrottertjie.

Betekenis:
Meganisme, stuk apparaat of inrigting waarvan die naam onbekend is; sinoniem dinges, watsenaam: Apparaatjies en kontrotters wat ‘n mens maar net jou kop laat skud (K. Louw in Huisgenoot, 23 Aug. 1974, 12).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Tien vissermanne sterf naby Kaapstad

$
0
0
Argieffoto: Dr Berend Maarsingh/NSRI

Argieffoto: Dr Berend Maarsingh/NSRI

Tien vissermanne is dood en drie word vermis nadat hulle Sondagaand in onstuimige seetoestande van ’n vistreiler afgespring het toe dit naby Kaapstad begin water opneem het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Maandag gesê die vistreiler, met 21 bemanningslede aan boord, het omstreeks 18:06 sowat 35 seemyl suidoos van Kaappunt ʼn noodsein uitgestuur.

“ʼn Waarskuwing is uitgestuur aan alle vaartuie wat in die omgewing was om te reageer en verskeie reddingseenhede, waaronder vaartuie en ʼn helikopter, is na die omgewing ontbied,” het Lambinon gesê.

ʼn Vragskip en twee vistreilers was eerste in die gebied en het bevestig dat al 21 bemanningslede die vistreiler waarin hulle was, verlaat het. ’n Soektog is begin na die bemanningslede en die reddingseenhede het spoedig by hulle aangesluit.

“Nege mense is gered en nege liggame uit die see gehaal. Een van die mans wat gered is, het later aan sy beserings beswyk. Ondanks ’n uitgebreide lug- en seesoektog, kon die ander drie bemanningslede nog nie opgespoor word nie. Die soektog duur voort.”

Die oorlewendes is na veiligheid geneem en die liggame is aan die polisie oorhandig. Die polisie se beraders en die maatskappy vir wie die oorledenes gewerk het, staan die oorlewendes en die slagoffers se families by.

Lambinon het gesê ingenieurs is op die beskadigde vistreiler en pogings gaan aangewend word om dit na die hawe in Tafelbaai te neem. Dit is nog nie duidelik hoekom die vaartuig water begin opneem het nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die Suid-Afrikaanse owerheid vir maritieme veiligheid (Samsa) gaan die voorval ondersoek.

Viewing all 80349 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>