Quantcast
Channel: Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 80349

Groot onwettige perlemoenvonds in Wes-Kaap gemaak

$
0
0
Die perlemoen waarop beslag gelê word. Foto's: Kapt. Piet Smit / SAPD

Die perlemoen waarop beslag gelê word. Foto’s: Kapt. Piet Smit / SAPD

Die polisie van die Wes-Kaap, in samewerking met amptenare van die departement van landbou, bosbou en visserye, het Maandag ʼn reusevonds van onwettige perlemoen op ʼn plaas naby Caledon gemaak.

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie en amptenare het wenke van die publiek op Genadendal oor beweerde strafregtelike aktiwiteite op die plaas opgevolg en ʼn lasbrief bekom om dit te deursoek.

“ʼn Klopjag is uitgevoer en sowat 25 600 stukke perlemoen en toerusting om dit te droog, is op die plaas gevind,” het Rwexana gesê. Die polisie het ook beslag gelê op gasbottels, sakke met sout en toerusting om perlemoen mee te kook.

Die straatwaarde van die perlemoen moet nog vasgestel word, maar volgens Rwexana is dit ʼn “aansienlike bedrag”.

Twee mans, onderskeidelik 26 en 35 jaar, is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Caledon-landdroshof verskyn.

Die perlemoen waarop beslag gelê word. Foto's: Kapt. Piet Smit / SAPD Die perlemoen waarop beslag gelê word. Foto's: Kapt. Piet Smit / SAPD Die perlemoen waarop beslag gelê word. Foto's: Kapt. Piet Smit / SAPD Die perlemoen waarop beslag gelê word. Foto's: Kapt. Piet Smit / SAPD Die perlemoen waarop beslag gelê word. Foto's: Kapt. Piet Smit / SAPD Die plaas waar die klopjag op uitgevoer is. Foto's: Kapt. Piet Smit / SAPD

 

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 80349

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>