Quantcast
Channel: Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 80349

Gedagte vir die dag: Bly wag op die Here

$
0
0
loop-saam-met-God

Foto: Theworddetective.wordpress.com

Lees: Habakuk 1:2-5; 2:3-4

Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red? Die Here het geantwoord: Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly. (Habakuk 1:2, 5; 2:3-4)

Wanneer ’n mens gespanne en gestres is, gaan die tyd stadig verby. Jy roep na die Here om hulp en kan dan nie verstaan as Hy nie gou genoeg na jou sin antwoord nie. Dit was ook Habakuk se probleem. Hy wil by God weet hoe lank hy nog sal moet wag voordat God na sy hulpgeroep luister en in sy omstandighede sal ingryp. God antwoord hom dat hy na die ander nasies moet kyk sodat hy God se ongelooflike resultate raak kan sien. Hy moet net geduldig op Hom bly wag as sy antwoord talm, want Hy sál antwoord. En dan voeg Hy nog ’n belofte daarby: Wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly. Soms wanneer ons na die toestande van ons eie land en lewe kyk, wil ons soos Habakuk vir God aanjaag en vra hoe lank ons dan nog om hulp moet roep voordat Hy sal antwoord. God se antwoord bly dieselfde as die een wat Hy vir Habakuk gegee het, en sy antwoord is altyd beter as die een wat jy gevra het. Jy behoort bereid te wees om geduldig te wag op daardie antwoord: “Dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.” Terwyl jy op God se antwoord wag, kan jy solank begin om sy belofte in jou lewe waar te maak: Doen die regte dinge en bly getrou aan God sodat jy sal lewe.

Here, ek is jammer dat ek so ongeduldig met U is. Maak my bereid om op u antwoord op my gebede te wag, reg te doen en getrou aan U te wees. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy


Viewing all articles
Browse latest Browse all 80349

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>