Quantcast
Channel: Maroela Media
Viewing all 80349 articles
Browse latest View live

[Foto’s] Google-werker bly in vragmotor

$
0
0
Die vragmotor waarin Brandon op Google se kampus bly Foto: Brandon

Die vragmotor waarin Brandon op Google se kampus bly Foto: Brandon

ʼn Sagteware-ingenieur wat by Google in San Francisco werk en nie meer buitensporige bedrae aan huur te spandeer nie, het besluit om eerder in ʼn vragmotor te bly.

Die 23-jarige Brandon, oorspronklik van Massachusetts, wat nie sy van wil bekend maak nie, het sy vragmotor naby Google se perseel parkeer. Hy betaal nie vir elektrisiteit nie en hy kan bad en stort in Google se gimnasium en hy kan al sy elektroniese toestelle, soos ʼn skootrekenaar of selfoon, by die kantoor laai. Hy kan ook op Google se kampus kos koop en sy wasgoed was.

Brandon het in 2014 ʼn internskap by Google gedoen voordat hy hierdie jaar ʼn permanente pos aanvaar het. Hy het aanvanklik saam met drie huismaats in ʼn gemeubileerde tweeslaapkamer gebly. Hy het aan Huffington Post gesê hy het maandeliks ongeveer $2 000 huurgeld betaal.

“Ek het besef ek betaal ʼn buitensporige hoeveelheid geld en ek is byna nooit by die huis nie,” het hy aan Business Insider gesê.

Hy het die vragmotor in Mei aangeskaf teen $10 000 en betaal $121 per maand versekering. Hy spaar ongeveer 90% van sy salaris. Hy het slegs ʼn bed, kapstok en ʼn laaikas.

Hy deel sy ervaring van dié vragmotorbestaan op sy persoonlike webjoernaal, From inside the box.

Lees ook: Interesting Engineering, Business Insider, Huffington Post

Die vragmotor waarin Brandon op Google se kampus bly Foto: Brandon Google-kampus Die vragmotor waarin Brandon op Google se kampus bly Foto: Brandon Die vragmotor waarin Brandon op Google se kampus bly Foto: Brandon

Gedagte vir die dag: Die pyn van verlies

$
0
0
See-strand-gras-Nathan-Steyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Lees: 2 Korintiërs 1:3-4

God is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. (2 Korintiërs 1:3-4)

Paulus sê vir die gemeente in Korinte dat wanneer hulle probleme ervaar, hulle daardie probleme met vrymoedigheid na God kan bring. Hy is die God wat hulle sal help en vir hulle uitkoms sal gee. Hoe ouer ’n mens word, hoe meer verliese ervaar jy, en hoe nodiger het jy vir God wat gereed staan om jou te help. Die afgelope paar jaar het ons ’n hele paar van ons jare lange vriende verloor – sommige deur die dood en ander deur aftakelende siektes. Dit laat ’n mens effe verward en laat jou wonder of jy dalk volgende gaan wees. Want elke verlies neem ’n deel van jou weg wat nooit weer heeltemal sal herstel nie. Jy sal daardie vriende bly mis. Tog laat jou verliese jou besef hoe kosbaar die lewe is, en dat jy voluit moet leef terwyl jy hier is.

Maar Paulus se storie hou nie hier op nie. God help ons met ’n doel, skryf hy, sodat ons weer ánder mense kan help en bystaan net soos Hy met ons doen. Die verliese wat vir jou so swaar is, kan jou help om ander mense te bemoedig wat ook dierbares verloor het, wat ook ondersteuning nodig het. Bied jou liefde en empatie vir hulle aan en help hulle soos God jou gehelp het in jou eie tyd van seerkry en verlies. Indien jy dit doen, het daardie verliese wat jy so swaar verwerk, ’n goeie doel gedien.

Here, U weet hoe swaar dit vir my is as my jare lange vriende oud en siek word en doodgaan. Wys my hoe om hulle by te staan soos U vir my gedoen het. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

Maaik se Mouterbaaikdam

$
0
0
ou-hande-drankie

Argieffoto.

Ludwig Visser

In die Boesmanland is die weer áltyd ’n gespreksaak. Dis nou een onderwerp wat ’n mens selfs met ’n wildvreemdeling kan aanvoor sonder om gevaar te loop dat jy dalk op sy tone sal trap. Die man kan mos nou ’n Nat of ’n Sap wees, en as jy dit nie weet nie, grawe jy dalk in die verkeerde politiek rond, en dan neem hy dalk aanstoot. Maar nie oor die weer of water nie. Daaroor kan jy tydig en ontydig met álmal gesels, en niemand sal aanstoot neem nie, want die weer en water is vir ons almal lewensbelangrik, selfs belangriker as jou Natgeit of Sapgeit.

Ons klompie bure het die dag daar op Pofadder by die ramveiling, soos gewoonlik, om die etenstafel saamgetrek. Dit gaan mos maar so by so ’n veiling. Die bieëry is belangrik nadat ’n man al die ramme wat aangebied word, goed deurgekyk het, maar die kuier wat daarmee saamgaan, is net so belangrik. En was die braaihoender wat die vroue die dag daar vir ons voorgesit het, nie vir jou lekker nie. Hoender is mos ’n alte lekker afwisseling vir ons wat net gewoond is aan skaapvleis. Dis mos amper asof iemand vir jou poering gegee het as jy die dag lekker hoender kry.

Soos gesê, dit duur nie lank nie, toe gesels die manne weersake. Elkeen het sy eie tekens gesien dat daar droogte of mooi reëns kom. Dié een het die panne hoor dreun, daardie een het die rysmiere sien werk, ’n ander een het gesien die donkies staan elke môre teen sonop met hul koppe noord. Só het elkeen maar sy teken.

Oom Sopie, weet ons, is ’n ou Boesmanlander en as hy die weer hierdie of daardie kant toe sien kom het, is hy dikwels in die kol. Ons glo meer in hom as in die slim meneertjies wat oor die draadloos so die weer voorspel. Volgens hulle reën dit altyd net elders, nooit hier by ons nie. En elders staan op geen kaart nie.

“Ek het darem nog nie probleme nie,” sê oom Sopie. “My pompe trek nog goed water en die Mouterbaaikdam het ook nog nie opgedroog nie. Solank hý hou, weet ek daar is nog ondergrondse water.”

Ons ander ken ook die Mouterbaaikdam. Dis eintlik net so ’n breë holte onder ’n kalk-bakkrans daar op Duinpan, oom Sopie se plaas. En daar staan heeljaar water. Oom Sopie het al selfs eenkeer met ’n trekker en ’n kragkop daarvandaan water na sy ver krippe toe gepomp toe dit ’n droë jaar was en hy het sy skaapgoed mooi deurgehaal, terwyl ons ander maar swaargekry het. Ons moes selfs van die springbokke kop afsny wat ons in die veld kry lê het om die arme goed ’n ellendige dorsdood te spaar.

“Oom Sopie, wat is die storie van dié dam?” vra een van die bure se knape wat ook al groot genoeg is om saam met sy pa te boer, maar nog nie oud genoeg is om al Boesmanland se stories te ken nie. “Ek bedoel, hoekom nou die Mouterbaaikdam? Hier in ons wêreld is mos nie mouterbaaiks nie? Waar kom die dam aan die naam?”

“Nou loop grawe jy mos diep,” sê oom Sopie en vat ’n hoenderboud met sy groot duim en wysvinger vas sodat hy hom behoorlik skóón kan afeet. “Ek het ook maar die storie gehoor, want dit was my pa wat mos destyds vir Duinpan gekoop het, en ek was toe nog sommer ’n penkop.

“Ewen’twil, die vorige baas van Duinpan was glo ene Maaik Oreborsel. Hy was goed gedoop Migael, soos dit in die Bybel staan, maar toe het sy vrou die Ingelse vorm van die naam gekies en uiteindelik was hy glo net Maaik.”

Die Oreborsel, het ons ander geweet, is eintlik Oberholster, maar wat maak dit nou saak, oom Sopie het dit as Oreborsel gehoor, en so sal dit bly.

“Dié Maaik was glo soldaat in die vorige oorlog, glo selfs in Egipte en in die Noorde geveg. En toe hulle nou ná die oorlog terugkom, het Jannie Smuts se gowwerment besluit om die manne bietjie te beloon vir hul se gebakleiery teen die Dytsers en Moesselinie en om hulle weer bietjie te help om aan die gang te kom. My pa het my altyd vertel … veral die manne wat geboer het, het van die militêre voertuie en mesiene gekry wat ná die oorlog oorgebly het, en wat hulle op die plaas kon gebruik, soos lorries en bakkies en sulke goeters.”

Hierdie keer is dit ’n vlerk wat onder onder oom Sopie se groot vingers deurloop, maar met dié speel hy sommer gou klaar, want aan ’n hoendervlerk is daar mos nou nie juis ’n mondvol vleis nie.

“Oreborsel het toe ook aansoek gedoen vir een van dié oorloggoeters, en hy kry toe ’n mouterbaaik, so ’n gróte, nogal ’n haliedywelsin.”

Oom Sopie lag so ’n droë laggie. “En volgens wat ek later gehoor wat met hom en die mouterbaaik gebeur het, was die ding behóórlik ’n haliedywelsin.”

Toe die hoender klaar is, is daar nog die bakkie sagopoeding, en ons weet almal hoe lief oom Sopie vir ’n soetdingetjie is, daarom waag niemand om hom aan te jaag om voort te gaan met die storie oor Maaik en die mouterbaaik nie.

“Ewen’twil, daar kom die mouterbaaik toe op die plaas aan. Dit het met die trein tot op Bitterfontein gekom en daar het Maaik hom op sy bakkie gaan haal. My pa het vertel dit was ’n hele konsternasie die dag toe Maaik daar op die plaas stilhou en die mouterbaaik aflaai. Al die bure en hul kjenners en al die plaaswerkers en hulle se kjenners was daar. Maaik se vrou moes kanne en kanne koffie maak en skuinskoek uitdeel.

“Maaik was skoon gaande oor sy oorlogsding, maar dit was ook ál, want hy het nie die vaagste benul gehad hoe ’n mens so ’n ding ry nie. Hy het geweet jy sit in die saal en jy hou hom aan daardie paar Afrikanerbeeshorings vas om hom in die pad te hou nadat jy so hier geskop en daar getrek het om die mesien te laat vat, maar dis ook al.

“Hy maak toe so. Hy trek aan alles, skop hier en trap daar, en skielik het die ding glo hier onder sy sitvlak gebrul. Maaik het aan nog so ’n paar goed gedraai en getrek en die haliedywelsin het nog harder gebrul. Die kjênners het huilend laat spaander, die werfhoenders het glo so ver gevlug dat die muskeljaatkatte hulle die volgende dag almal gevang en opgevreet het.

“En toe Maaik nog weer aan ’n ding trek, toe vlieg die haliedywelsin hier onder hom weg dat die klippers so met ’n boog trek. En Maaik klou vir dood aan daai Afrikanerhorings. My pa vertel hy het die ding nogal regop gehou, maar hy het oor daai plaaswerf gestorm soos ’n jong tollie wat ’n vuurwarm doringhoutkool onder sy stert vasgeknyp het.”

Teen daardie tyd was ons ander natuurlik al net so nuuskierig soos die man wat die eerste die vraag gevra het, en ons kon nie wag om te hoor wat met Maaik en sy haliedywelsin geword het nie, maar niemand jaag vir oom Sopie aan nie.

“Oreborsel storm toe voort,” vertel oom Sopie. “Maar toe hy sien hy hou reguit koers na daardie hoë kalk-bakkrans toe en hy weet nie hoe om die mouterbaaik weer tot stilstand te bring nie, toe gooi hy sy lyf net voor die krans so skuinsweg en met dié swenk die mouterbaaik ook skuins weg en kortom, net voor dit die krans tref. En hier kom Maaik weer terug in die rigting van die huis. En weer spat die kjênners en die honde. Die ding dreun hier onder Maaik en so in die verbygaan skreeu hy vir die tannie: ‘Foun daar ’n mekenniek en vra hom hoe maak ’n mens die dooi ding dood!’ Maar die tannie hoor niks bo die lawaai nie. Anderkant die huis swenk Maaik toe maar weer, en hier kom hy weer by die huis verby. En hy skree weer: ‘Foun die mekenniek!’, maar weer hoor niemand enigiets nie. Hulle dink almal die man juig maar net omdat hy so lekker jaag.

“En dis weer reguit bakkrans toe, en weer is Maaik benoud, want hy sien al hoe loop die haliedywelsin hom te pletter daar teen die krans. En weer swenk hy en weer bring hy die mouterbaaik se kop om in die ander koers. Weer by die huis verby, weer hoor die tannie hom nie, en dan weer terug krans toe.

“En so gaan dit amper die hele dag lank aan, want Maaik het nie geweet die ding se tenk is vol petrol nie. Dis op en af oor die werf en elke keer is dit net so op ’n nippertjie en hy swenk voor die bakkrans om.”

“En die dam, oom Sopie?” Die jong boertjie kan nie meer sy nuuskierigheid en sy lag bedwing nie, net soos Maaik nie die haliedywelsin kon bedwing nie.

“Nee, kyk, daar was mos altyd so ’n klam kol daar onderkant die krans, en almal het altyd gedink daar moet ’n ondergrondse watertjie wees, maar niemand het ooit daar gaan boor nie, want dit was bietjie op ’n ongeleë plek. Maar so met al Maaik se skerp swenke voor die krans, het hy later skoon ’n holte daar uitgery. En soos die holte dieper geword het, so het dit al hoe natter geword. Want sien, daar was eintlik ’n standhoudende fontein  waarvan die jonger manne soos Maaik nooit notisie geneem het nie.

“Eers so teen die laatmiddag, toe die mouterbaaik se pêtril gedaan is en die ding self vrek en loop staan, val Maaik Oreborsel sommer net so uit die saal toe die baaik omkantel. Daar moes hulle hom glo gaan lawe en huis toe help. Hy kon die volgende oggend eers gaan kyk waar hy so elke slag op ’n nerf na teen die bakkrans vasgejaag het, en net daar sien hy dit was toe glad nie als verniet, dié jaery, want daar is die fontein toe oop en dis heel lekker water wat daar uitloop, glad nie erg brak nie.”

Later, verduidelik oom Sopie, nadat sy pa Duinpan gekoop het, het hy die fontein behoorlik laat oopskrop en vandag nog gebruik hulle van daardie water wat Maaik en sy haliedywelsin so oopgery het.

Die verroeste oorblyfsels van die mouterbaaik lê nog steeds daar op die plaas in ’n ou skuur. Oreborsel het dit nooit weer op die haliedywelsin gewaag nie. Maar oom Sopie oorweeg dit nog steeds om die mesien se oorblyfsels as ’n soort monument daar langs die Mouterbaaikdam op te sit. As eerbetoon vir die oudsoldaat wat nie net teen die Dytsers en Moesselinie gebaklei het nie, maar selfs die aarde se water oopgeveg het.

Studente en personeel van UJ geskors

$
0
0

Universiteit van Johannesburg Foto: Aurobindo Ogra - Eie werk. via Wikimedia Commons

Universiteit van Johannesburg Foto: Aurobindo Ogra – Eie werk. via Wikimedia Commons

Vyf studente en talle personeellede van die Universiteit van Johannesburg is geskors ná betogings by die universiteit.

Prof. Ihron Rensburg, visekanselier, het gesê die universiteit het ʼn interdik bekom om verdere betogings te verhoed. “Die vyf studente en van die personeel het klagstate ontvang, maar nie die uitgekontrakteerde personeel nie, aangesien hulle nie in die UJ se diens is nie. Dissiplinêre stappe sal binnekort volg.”

Volgens Rensburg is die voorsitter van die studenteraad een van die studente wat geskors is. Hy het gesê die universiteit het twee uitkontrakteringskontrakte en die kontrakteurs het ook interdikte bekom om hul personeel te verhoed om te betoog.

Rensburg het vroeër gesê ʼn taakspan is op die been gebring om ondersoek in te stel na die gebruik van kontrakwerkers by die universiteit. “Vakbonde, die studenteraad en kenners sal deel vorm van die span wat uitkontraktering sal ondersoek.”

Betogings by die universiteit het Donderdag gewelddadig geraak. Rensburg het erken dat die universiteit ‘n “fout gemaak het” deur dienste soos skoonmaak uit te kontrakteer. “Uitkontraktering het die lewens van mense wat ons rommel optel beïnvloed en dit is verkeerd.”

Man vas oor 14-jarige se dood

$
0
0

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 33-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 14-jarige seun, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is reeds op 17 September in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. “Danksy uitstekende ondersoekwerk deur speurders van Ocean View en Kaapstad, is die verdagte verbind met die verkragting van ʼn 24-jarige vrou in Masiphumelele.”

Volgens Van Wyk is die vrou op 15 Augustus verkrag, dieselfde dag as die moord op die 14-jarige Amani Pula. “Die polisie het die verdagte positief verbind met die moord op Amani deur middel van DNS. Die verdagte het Donderdag vlugtig in die Simonstad-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Hy bly in aanhouding en sal weer op 10 Desember in die hof verskyn.”

Minister herbevestig transformasieteiken vir Bokspan

$
0
0

rugby-springbok-logo-groot

Argieffoto.

Fikile Mbalula, minister van sport, het die teiken van 50%-verteenwoordiging in die Springbokspan herbevestig.

Mbalula het gesê indien dié teiken nie gehaal word nie, kan teen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) opgetree word. “Ons het op 18 Mei ‘n ooreenkoms onderteken, wat ons die geleentheid gee om transformasieteikens van 50% in die nasionale span na te streef.”

Mbalula het gesê hy is egter bewus daarvan dat die Springbokspan nie dié teiken teen die tyd wat die afgelope Wêreldbeker begin het, sou kon haal nie. Die Springbokke se Wêreldbeker-veldtog is gekenmerk deur vrae rondom ‘n ou speelstyl, spekulasie oor of afrigter Heyneke Meyer sal bly en die kwessie rondom transformasie.

Volgens Mbalula kan sy departement onder meer befondsing onttrek indien die transformasieteikens gehaal word nie. “Ons sal nie die span ondersteun of hulle erken indien hulle versuim om te transformeer nie.”

Mbalula het gesê transformasie moet op voetsoolvlak plaasvind. “Die spelers moet van die streke kom. Ons benadering is om holisties daarna te kyk en seker te maak talentvolle spelers word gekies. Ons moet organiese ontwikkeling verseker.”

Mbalula het sy kommer oor ontwikkeling uitgespreek. “Die Springbokke wat die nasionale trui aantrek, kom nie van Soweto nie maar van Kings College en St Albans. Swart mense bemeester sokker omdat hulle dit van geboorte af speel. Ons moet vasstel waarom mense sokker speel in plaas van rugby.”

Groblerspruit: Episode 44 – Slot

$
0
0

groblerspruitMet hierdie episode moet ons ongelukkig vir Roelof, Alida en die mense van Groblerspruit groet. As jy in die omgewing van Sabie is, kyk uit vir die bordjie: Groblerspruit. Teen die hange sal jy Roelof se koffieplantasie sien. Die bome het weer uitgeloop na die brand. Draai gerus in en gaan drink ‘n koppie van sy heerlike Arabica koffie en gesels met hom. Hy sal lag en sê: “… en jy’t gedink dis net ‘n radio-storie, né.”

Ontmoet Carla Oberholzer

$
0
0
Carla-Oberholzer-02

‘n Skermskoot uit die video.

Toe Heuning vroeër vanjaar ʼn treffer met “Drome” gehad het, het die musiekbedryf vir die eerste keer kennis gemaak met die komponis van daardie liedjie, Carla Oberholzer.

Carla  het sedertdien ook ʼn paar snitte van Amor Vittone se jongste album, Die tyd is nou, geskryf, onder meer die treffersnit, “Alles net oor jou.” Sy het ook begin om haar eie stempel in die musiekbedryf af te druk, en haar debuut-enkelsnit, “Jy los my alleen”, klim tans teen die trefferlyste van verskeie radiostasies, asook dié van Maroela Media, uit. Die musiekvideo van hierdie snit is gereeld op kykNET te sien, en haar debuutalbum sal vroeg aanstaande jaar vrygestel word. Carla beskou haar klank as volwasse kontemporêre popmusiek.

Carla beskou haarself as ʼn doodgewone boeremeisie; sy is oorspronklik afkomstig van die Vrystaat, maar woon tans in Pretoria. Sy is ʼn ambassadeur vir die Reik na ʼn droom-veldtog, wat daarna streef om die lewensdrome van kinders met lewensbedreigende siektes te verwesenlik. Sy was verlede maand deel van die 717-droomspan – sewe mense wat ʼn afstand van 717 km tussen Centurion en Durban met fietse gery het om geld vir dié veldtog in te samel. Televisiekykers landwyd het van haar kennis geneem toe sy op die Groot Ontbyt op kykNET elke dag hieroor verslag gelewer het.

In haar vrye tyd hou Carla van teiken skiet, veldmotorfiets ry en visvang. Sy is lief vir mense oor die algemeen, maar veral ook vir kinders. Sy probeer ook om elke dag ʼn liedjie te skryf.

Hieronder is ʼn kykie agter die skerms na die vervaardiging van die musiekvideo van haar enkelsnit, “Jy los my alleen”.

 


Maak dit maklik vir wittes om terug te keer na SA, sê Phosa

$
0
0

Mathews Phosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Mathews Phosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Suid-Afrika moet dit vir goed opgeleide, kundige wit Afrikaners en ander wit mense wat die land verlaat het maklik maak om terug te keer en hier aan te bly, het Mathews Phosa, ANC-veteraan, gesê.

Phosa het die uitlating Donderdag gemaak tydens ’n Mistra-konferensie oor witheid, Afrikaans en Afrikaners by Konstitusieheuwel in Johannesburg. Hy het gesê Suid-Afrika se ekonomie sukkel op ʼn substandaardvlak voort weens die land se onvermoë om die vaardighede en kennis wat beskikbaar is, bymekaar te maak en te benut, asook die inmenging van die regering in arbeidsbeleidstellings en arbeidspraktyke.

“Die ekonomie kan slegs teen die verwagte vlakke groei wanneer ons erken dat almal ʼn gelyke rol en verantwoordelikheid het om dit suksesvol te maak,” het hy gesê.

Volgens Phosa is suksesvolle nasies gebou op onderrig, vaardigheidsopleiding en die benutting van ervaring. Hierdie nasies ken aansienlike hulpbronne aan navorsing, ontwikkeling en entrepreneurskap-ondersteuning toe.

“Kom ons maak die deur oop en verwelkom die goed opgeleide en ervare Afrikaners en ander wit mense terug wat hul geliefde land verlaat het op soek na sekuriteit, stabiliteit en erkenning van hul bydrae tot die ekonomie. Kom ons maak dit maklik vir hulle om terug te kom en te bly,” het hy gesê.

Oor die onderwerp van maatskaplike stabiliteit het Phosa gesê die momentum van die studente-uitdagings oor die afgelope paar weke blyk onstuitbaar te wees en moet as gids dien vir wat in die toekoms mag kom.

“Ons het al verdeeldheid in die verlede gesien. Betogingsaksie, besetting van openbare ruimtes, militêre retoriek en die afbreek van lewensnoodsaaklike infrastruktuur – ons het inderdaad al gesien hoe dit keer op keer gebeur.

“Na aanleiding hiervan volg daar, soos altyd, ʼn senuweeagtige middelklas, en ondernemings en instansies wat skarrel om hul bates te beskerm en planne maak om projekte en groeiplanne te laat vaar. Dikwels is die regering nêrens te sien nie en kom eers op die toneel as die rook al dik hang en veiligheidsmagte tot die einde van hul kragte beproef is,” het hy gesê.

“Dan hoor ons die beloftes, die politieke gestoei vir posisie en die massa wat uitmekaar gejaag word. Hulle hergroepeer gewoonlik weer in ʼn ander vorm met ʼn ander agenda, maar hulle hergroepeer beslis. Sal die volgende krisis ontstaan uit oumas wat die parlement beset op soek na hoër pensioene en ander maatskaplike welsynsvoordele wat net verdere druk op die ekonomie sal plaas?”

Hy het bygevoeg dat ʼn konflikvrye Suid-Afrika wat deur volhoubare ekonomiese groei en volle indiensneming versterk word, langtermyn ekonomiese en politieke stabiliteit op die kontinent en die res van die wêreld sal aanhelp.

“Terwyl menseregte en menslike ontwikkeling net so belangrik is vir ekonomiese stabiliteit en vooruitgang, is konflikoplossing, die vestiging van stabiele demokrasieë en langtermyn kapitale beleggings en ekonomiese groei voorvereistes vir regverdigheid en streekstabiliteit. ʼn Suksesvolle en hegte nasie maak gebruik van praktyke waar almal gelyk behandel word. Hulle pas die wet in alle aspekte van sosiale lewe deurgaans toe en sonder vooroordeel. Hul leiers lei van voor, neem deel aan opbouende debatte, aanvaar verantwoordelikheid vir nasiebou en veroordeel alle korrupte aktiwiteite,” het Phosa gesê.

Afrikaans speel ʼn sleutelrol

Hy het bygevoeg dat Afrikaners deur baie sterk besigheid- en gemeenskapstrukture soos die Afrikaanse Handelsinstituut, die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en die plaaslike sakekamers, ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van Suid-Afrika speel. “Ons antagonisme teenoor ʼn taal of die persone wat dit as ʼn moedertaal by die huis praat, is dikwels gegrond op ons persepsies of ʼn tekort aan inligting,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat ʼn ontleding van die 2011-sensus getoon het dat meer swart, bruin en Indiër-Suid-Afrikaners Afrikaans by die huis praat as wit Suid-Afrikaners. Volgens ʼn studie deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge is slegs 40% van Afrikaanssprekendes wit. Dit beteken dat slegs 2,7 miljoen van die 6,9 miljoen mense wat Afrikaans praat, wit is terwyl die res uit ander rassegroepe bestaan.

“Kortweg, die resultate van die 2011-sensus het aangedui dat Afrikaans deur 13,5% van die bevolking by die huis gepraat word, slegs tweede teenoor die 22,7% van die bevolking wat iSiZoeloe by die huis praat. Ek doen ʼn beroep op wit Afrikaners om te help om ʼn inklusiewe en innemende kulturele band tussen alle Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners te bou as fondament vir inklusiwiteit en nasiebou sonder uitsluiting van ander kulturele en bevolkingsgroepe.

“Ons is almal Suid-Afrikaners, of dit nou deur geboorte, afstammeling, naturalisasie of ʼn ander aksie van binnelandse sake is. Kom ons oorbeklemtoon nie wit-wees, Afrikaners, Afrikaans of enige ander gewilde term nie,” het hy afgesluit.

Plastieksak oor kop; polisie ondersoek selfmoord

$
0
0

Foto: Rusa

Foto: Rusa

ʼn Man se liggaam is Vrydagoggend in ʼn motor aan die KwaZulu-Natalse noordkus gevind.

Volgens die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa) het ʼn verbyganger omstreeks 05:45 ʼn grys Audi naby ʼn piesangplantasie in Mount Moreland naby Umdloti opgemerk.

“Reaksiebeamptes is na die toneel ontbied en het die Audi, wat ʼn Gauteng-nommerplaat het, op ʼn grondpad gevind. Die man het op die bestuursitplek gesit. Daar was ʼn plastieksak oor sy kop getrek wat met kleefband vasgebind is.”

Volgens Rusa is die man op die toneel dood verklaar. Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen. Volgens Zwane het die man ʼn selfmoordnota agtergelaat. Zwane het bygevoeg dat daar verkragtingsake teen die man ondersoek is ten tyde van sy dood.

[Luister] Anton Myburgh sing oor die lewe van die motorfietsryers

$
0
0
Anton-Myburgh

Anton Myburgh saam met ‘n paar motorfietsryers tydens die maak van die liedjie ‘Biker Angel’ se musiekvideo. Foto: Facebook.

Die liedjieskrywer en sanger Anton Myburgh, ook bekend as Murgpyp, se jongste album Biker Angel is vroeër in Oktobermaand bekendgestel. Die titelsnit van hierdie album is ʼn besonderse liedjie wat Anton en sy gesin na aan die hart lê.

Esté Meyer Jansen het met Anton oor die album gesels en ook sommer ʼn bietjie meer te wete gaan kom oor die sanger se nuwe passie vir motorfietsry.

Jong Vrystaat-boer se lyk in motorhuis gevind

$
0
0
Thiou Lourens. Foto: Facebook

Thiou Lourens. Foto: Facebook

ʼn Jong Vrystaatse boer se liggaam is Maandagoggend op ʼn plaas buite Reitz gevind nadat hy sy eie lewe geneem het, glo weens die dood van sy pa.

Thiou Lourens (22) se liggaam is vroeg die oggend deur ʼn werker in ʼn motorhuis aangetref. Hy het homself geskiet.

Sers. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is omstreeks 06:15 na die plaas Oranjefontein ontbied. “Die oorledene het Maandag om 01:30 vir die laaste keer telefonies met iemand gepraat. Hy moes dus tussen 01:30 en 06:00 selfmoord gepleeg het,” het sy gesê. ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin.

Thiou, wie se volle name Marthinus Jacobus is, het saam met sy oom, Marius Lourens, op die plaas geboer. Marius het aan Maroela Media bevestig Thiou het ʼn brief agtergelaat, maar wou nie uitbrei oor die inhoud van die brief nie. Hy het wel bevestig dat die dood van Thiou se pa in ʼn motorongeluk 13 jaar gelede bygedra het tot sy besluit om sy eie lewe te beëindig.

Intussen het boodskappe van vriende en familie van Thiou op sosiale media ingestroom. Hy is beskryf as ʼn opregte mens wat baie gelag het en mal was oor boer, jag en die buitelewe.

ʼn Gedenkdiens vir Thiou sal Maandag om 11:00 in die Reitz-Moedergemeente gehou word. Hy sal langs sy pa begrawe word.

[Luister] Carin Krahtz se jeugboek vang iets van die leefwêreld van ʼn 14-jarige vas

$
0
0
Carin-Krahtz-se-Elton-amper-famous

Carin Krahtz se jongste jeugboek. Foto: Verskaf.

Die skrywer Carin Krahtz is self ʼn onderwyser van Centurion, daarom weet sy uit persoonlike ervaring wat die invloed van ʼn sorgsame onderwyser op ’n kind se prestasie in ʼn spesifieke vak kan wees. Carin se jeugboek Elton amper-famous April en Juffrou Brom het vroeër vanjaar verskyn en is uitstekend deur graad 7-leerders en onderwysers ontvang.

Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met Carin gesels oor die boek en die eksterne faktore wat kinders se skoolloopbane al op laerskoolvlak so direk beïnvloed.

[Foto’s] Wonderlike plekke wat Disney-rolprente inspireer

$
0
0
Foto: whenonearth.net

Foto: whenonearth.net

Die plekke wat in Disney se rolprente gebruik word, lyk altyd so wonderlik, dat ’n mens sommer wens jy kan vir ʼn rukkie daar bly. Sommige van dié plekke kom uit illustreerders se kreatiewe penne, maar daar is verskeie wat ook REGTIG bestaan.

Besoek gerus When on earth vir die volledige storie.

Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net Foto: whenonearth.net

[Video] Baba se gunstelingliedjie hou haar uit die slaap

$
0
0
Foto: Skermskoot uit die video

Foto: Skermskoot uit die video

ʼn YouTube-video wat in 2013 opslae gewek het, maak nou weer sy verskyning op sosiale media.

ʼn Baba met die naam Amaya kan, volgens haar pa, rustig deur enige musiek slaap, maar daar is een liedjie wat sy weier om mis te loop. Die Koreaanse popsanger, Psy, se “Gangnam style” is blykbaar dié kleinding se gunsteling. Sy is so lief vir die liedjie dat Klaas Vakie en al droomland se trawante haar nie eens kan wegskeur nie.

Die video is reeds byna 34 miljoen keer gekyk.


ToekomsVenster: ‘n Oorvloed van liefde

$
0
0
ToekomsVenster-3-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.

Lees 1 Korintiërs 13:1-13

Hierdie is een van die baie bekende gedeeltes in die Skrif en word dikwels op ‘n romantiese manier gebruik, ook by huwelike. Waarskynlik omdat mense aanvoel dat ons hier met ‘n egte liefde te doen het, ‘n soort liefde waarvan ons nie werklik ervaring het nie. Dit is baie waar, want dit gaan hier oor God se oorvloedige liefde. Ek wil hê jy moet dit vandag op jouself van toepassing maak en nadink oor hoe God in sy liefde teenoor jou optree.

Sy liefde bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra alles.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan info@toekomsvenster.co.za. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

 

Een sterf toe mikrovliegtuig neerstort

$
0
0
Die wrak van die mikrovliegtuig (Skermskoot uit die video)

Die wrak van die mikrovliegtuig (Skermskoot uit die video)

Een persoon is Vrydagmiddag dood nadat ʼn mikrovliegtuig naby ʼn sportgronde in Randburg in die noorde van Johannesburg neergestort het.

“Paramedici het die liggaam naby die smeulende wrak aangetref,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die persoon het reeds aan verskeie noodlottige beserings beswyk.” Die persoon is op die toneel dood verklaar.

Die ongeluk het naby die kruising van Garden- en Jan Smutsweg plaasgevind.

“ʼn Ooggetuie het aan paramedici gesê sy het gesien hoe die vliegtuig buite beheer begin tol,” het Meiring bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

Die volgende video van die ongelukstoneel is deur Rosebank Killarney Gazette, deel van Caxton-koerante, op YouTube gelaai:

Twee gevonnis ná boervrou se moord

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in die Noordwes-hooggeregshof gevonnis vir die moord op Ronel van Eyk (49) wat in 2012 by die hek van haar plaas naby Hartbeesfontein vermoor is, nadat sy haar negejarige seun, Freddie, by die skool afgelaai het.

Van Eyk is op 13 Augustus deur twee mans oorval. Hulle het haar handsak met ʼn onbekende bedrag geld, twee selfone en ʼn handgeweer gesteel. Sy is herhaaldelik geskiet, onder meer in die gesig.

“Papiki Motabogi (27) en Maiuane Paulino Romao (44) is Donderdag elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die twee het die slagoffer se voertuig gesteel, maar die polisie het die voertuig later verlate langs die pad gevind.”

Die polisie in Hartbeesfontein het onverpoosd gewerk om die saak op te los, het Ramaloko bygevoeg.

Motabogi is op 19 Augustus 2014 in Wolmaransstad in hegtenis geneem in verband met ʼn ander misdryf wat hy gepleeg het, en die polisie kon hom positief verbind met die plaasmoord in Hartbeesfontein.

Romao, oorspronklik van Mosambiek, het ná Van Eyk se moord na Gauteng gevlug. Hy is op 15 Desember 2014 in hegtenis geneem.

“Al twee mans het tereg gestaan op aanklag van moord en roof,” het Ramaloko gesê. “Motabogi is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord en 15 jaar vir diefstal. Romao is ook lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en 15 jaar vir diefstal, vier jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en een jaar vir die onwettige besit van ammunisie.” Al die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Agoa: ‘ANC-regering se hantering soos ʼn ongeluk in stadige aksie’

$
0
0
Pres. Barack Obama en pres. Jacob Zuma  by die Uniegebou in Pretoria tydens die Amerikaanse president se besoek aan Suid-Afrika in Junie 2013 (Foto: GCIS)

Pres. Barack Obama en pres. Jacob Zuma by die Uniegebou in Pretoria tydens die Amerikaanse president se besoek aan Suid-Afrika in Junie 2013 (Foto: GCIS)

Die huidige Agoa-debakel is ʼn duidelike simptoom van die ANC-regering se minagtende houding teenoor Westerse handelsvennote en sy obsessie met die Brics-lande, het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê.

Hy sê probleme rondom die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa)- handelsooreenkoms strek oor maande en onderstreep die regering se ongeërgde houding.

“Ons boere word erg benadeel deur Amerika se reëling om handel in drie vleissoorte te blokkeer, en dit kan veel erger raak indien die res van die ooreenkoms ook in die gedrang gaan kom. Indien sake voortduur soos nou, is dit selfs nie onmoontlik dat Suid-Afrika uit Agoa geskop kan word nie,” het Alberts verduidelik. “Toe die VF Plus minister Rob Davies sowat twee maande gelede hieroor gekonfronteer het, het hy bloot skouerophalend gesê Amerika is ‘n ‘soewereine land en kan maak wat soos hy goeddunk’.”

Volgens Alberts is dit ironies dat Suid-Afrika onder die vorige bestel aan die ontvangkant van sanksies was weens sy beleid, en dat die ANC-regering met sy beleid nou daarin slaag om sanksies teen homself toe te pas.

“Wat Agoa betref, het die geveg nie net oor hoenders gegaan nie. Amerika is bekommerd oor die seine wat gestuur word met onsinnige beleid soos die buitelandse beleggersverbod op aandeelhouding in sekuriteitsfirmas en grond, asook die beperkinge wat Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) op beleggers plaas.”

Lees alle vorige berigte oor Agoa op Maroela Media.

Kinders beseer, honderde klagtes ná Guy Fawkes

$
0
0
Oorblyfsels op Bloubergstrand ná Guy Fawkes op 5 November 2015 Foto: @Reesiebabygirl, Twitter

Oorblyfsels op Bloubergstrand ná Guy Fawkes op 5 November 2015 Foto: @Reesiebabygirl, Twitter

Verskeie persone, waaronder 10 kinders, is Donderdagaand in Kaapstad beseer tydens vuurwerkvertonings om Guy Fawkes te vier.

“Altesaam 16 persone het beserings opgedoen,” het JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, gesê.

Die stad Kaapstad het 12 persele beskikbaar gestel waar vuurwerke wettiglik afgevuur mag word. “Altesaam 550 personeellede is na die verskillende persele en omliggende gebiede ontplooi,” het Smith bygevoeg. “Ongeveer 21 000 persone het die verrigtinge bygewoon.”

Volgens hom was die drie besigste terreine Table View (7 000 mense), en Maiden’s Cove en Strandfontein Pavilion met 5 000 persone elk. “Hierdie gebiede het ook groot uitdagings gestel wat verkeersknope betref.”

Vyf persone is by Maiden’s Cove aangemeld, waarvan die jongste maar vyf jaar oud is. Meeste beserings is handbeserings.

Die gemeenskap van Bloubergstrand het reeds opgeruim (Foto: @Reesiebabygirl, Twitter)

Die gemeenskap van Bloubergstrand het reeds opgeruim (Foto: @Reesiebabygirl, Twitter)

Beamptes het 16 boetes by die verskillende persele uitgeskryf ter waarde van R6 200. Meeste van die persele is teen 23:00 ontruim en geen groot voorvalle is aangemeld nie.

“Die stad se wetstoepassers het in Houtbaai beslag gelê op vuurwerke ter waarde van nagenoeg R20 000. Hulle het ook vuurwerke in Wynberg gekonfiskeer en twee boetes aan winkels uitgereik wat onwettig vuurwerke verkoop het.”

Die polisie in Parkwood en Ottery het 24 klagtes van die onwettige afvuur van vuurwerke ontvang. Die metropolisie het ook 309 vuurwerk-verwante klagtes ontvang.

“Die stad se brand- en reddingsdiens is omstreeks 20:00 ontbied toe ʼn brand in Table View, in die omgewing van Rietvlei, uitgebreek het,” het Smith bygevoeg. “Alhoewel daar baie spekulasie bestaan oor die ontstaan van die brand, is daar tans nog nie enige bevestiging nie. ʼn Ondersoek sal gedoen word.”

Smith het gesê hulle is oorval met klagtes waarom vuurwerke in die eerste plek nog hoegenaamd toegelaat word. “Die maksimum wat munisipale wetgewing oor brandveiligheid toelaat, is om ʼn verbod te plaas op die afvuur van vuurwerke in openbare plekke. Slegs die nasionale regering het die wetgewende gesag om die invoer, vervaardiging en verkope van vuurwerke te verbied, en die minimum ouderdom te bepaal,” het hy verduidelik.

Volgens Smith was die aand weereens ʼn groot uitdaging vir sy personeel en hy loof hulle vir die ure lange beplanning en uitvoering van die bedryfsplanne.

Foto: Stad Kaapstad Foto: Stad Kaapstad

Viewing all 80349 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>